Tuesday 29 January 2013

Swymellekker Sjokoladekolwyntjies

Dié kamma-ganache is een van ons
wonderlikste ontdekkings. Ganache
is ‘n Franse term vir ‘n dekadente
kombinasie van botter, room en
sjokolade wat bo-op uitspattige
koeke en in truffels gebruik word.
Ons weergawe is baie makliker en
vinniger maar netso lekker.
Genoeg vir 12
kul-ganache:
100 g (1 blok) donkersjokolade
1 x 410 g blik-karamelkondensmelk
Koop 12 sjoklademuffins by
Woolworths of bak die Beste,
Maklikste Sjokoladekoek in
kolwyntjiepannetjies.
1. Vir die ganache, smelt die
sjokolade in die mikrogolf, roer
elke minuut. Roer die kondensmelk
met ‘n vurk tot glad en meng by
die gesmelte sjokolade tot goed
gemeng en glad.
2. Skep die ganache in ‘n spuitsak
met ‘n sterretjietuit en spuit oor
die afgekoelde kolwyntjies.
3. Druk ‘n hartjie van plastiese
versiersel in elke kolwyntjie.
Plastiese versiersel
Knie ‘n bolletjie plastiese versiersel
met ‘n druppeltjie pienk
voedselkleursel tot egalig pienk. Rol
uit op ‘n mielieblom bestrooide
werkvlak. Druk hartjies met ‘n
hartjiekoekiedrukker uit en laat
staan vir sowat 1 uur om hard te
word. Tooi die kolwyntjies
daarmee.

No comments:

Post a Comment