Tuesday 29 January 2013

Osso bucco-pasta

Osso bucco is ‘n heerlike,
Italiaanse tamatiebredie; die naam
verwys na die gaatjie in die been
wat die lekker murg bevat. Dit
smaak net so lekker saam met
romerige, sagte polenta.
Genoeg vir 6
sout en gemaalde swartpeper
250 ml (1 k) koekmeel
1,5 kg (sowat 6) gesnyde
beesskenkels
60 ml (¼ k) olyfolie
1 ui, gesny
3 knoffelhuisies, gekneus
250 ml (1 k) vrugtige rooiwyn soos
Pinotage
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
2 x 410 g-blikke kersietamaties
4 lourierblare
30 ml (2 e) tamatiepasta
15 ml (1 e) suiker
500 g (1 pak) gaar penne-pasta
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
1. Geur die koekmeel na smaak en
rol die beesskenkels hierin. Verhit
olie in ‘n groot, oondvaste kastrol
en braai die skenkels hierin tot
goudbruin. Geur na smaak, haal uit
en hou eenkant.
2. Braai die ui in dieselfde kastrol
vir 5 min. tot sag. Voeg die knoffel
by en braai vir 1 min. Geur na
smaak. Sit die skenkels terug in die
kastrol.
3. Gooi die rooiwyn by en prut vir
5 min. Gooi die aftreksel, tamaties,
lourierblare, tamatiepasta en suiker
by. Sit die kastrol in die oond en
bak vir 2½ uur of tot die vleis van
die been afval. Bedien warm saam
met die pasta.

No comments:

Post a Comment