Tuesday 29 January 2013

Macaroni en Kaas

Meer as net macaroni
en kaas
Hierdie macaroni- en kaasresep is
lekker vir ’n vinnige en ligte
aandete of middagete.
Bestanddele:
250 gram macaroni
300 gram gerookte spek
250 gram sampioene
1 ui
sout
peper
2 eetlepels botter/margarien/
olyfolie
2 eetlepels koekmeelblom
200 ml melk
300 gram gerasperde kaas (cheddar
of ander skerp kaas na smaak)
Metode:
Witsous:
- Smelt die botter/margarien/
olyfolie in ’n pot en roer die
koekmeelblom en ’n knippie sout
by. Meng tot glad
- Voeg die melk stelselmatig by en
roer deurentyd oor lae hitte
- Wanneer die sous dik word, voeg
100 gram van die kaas daarby en
meng goed
- Voeg sout en peper by na smaak
- Verwyder van die stoof
Uie, spek en sampioene:
- Voorverhit die oond tot 180˚C
- Kook die macaroni tot amper
gaar en dreineer
- Kap die ui fyn en braai lig in ’n
kastrol
- Sny die spek in klein stukkies
(ongeveer 2cm) en voeg by die uie
- Braai vir 2 tot 3 minute
- Sny die sampioene op en voeg dit
by die uie. Braai vir nog 2 tot 3
minute
- Voeg die witsous by en verwyder
van die stoof
- Gooi die gekookte macaroni in ’n
gesmeerde oondbak
- Gooi die uie-, spek-, en
sampioensous oor die macaroni in
die oondbak
- Strooi die res van die gerasperde
kaas oor en bak vir 15 tot 20
minute in 180˚C

No comments:

Post a Comment