Tuesday 29 January 2013

Sappige, pikante pasta

Genoeg vir 4
gerasperde skil en sap van 2
suurlemoene
60 ml (4 e) olyfolie
sout en gemaalde swartpeper
15 ml (1 e) olyfolie
50 g botter
3 knoffelhuisies, gekap
3 ansjovisfilette
60 ml (¼ k) kappertjiesaad,
gedreineer
250 g kersietamaties
250 g geel babatamaties
30 ml (2 e) olyfolie
`n kynpie Maldon sout
750 ml (3 k) varsbroodkrummels
’n handvol vars tiemieblaartjies
500 g (1 pak) vars pasta
’n handvol basiliekruidblare
Voorverhit die oond tot 200 °C
1. Meng die suurlemoensap en-skil
en olyfolie en geur met sout en
peper. Hou eenkant.
2. Verhit die botter en olie. Voeg
die knoffel, ansjovis en
kappertjiesaad by. Soteer vir 1-2
min. tot die knoffel sag en die
ansjovis gesmelt is. Voeg by die
suurlemoen mengsel.
3. Rooster intussen die tamaties.
Pak hulle op ’n bakplaat uit,
sprinkel die olyfolie oor en geur
met sout. Rooster tot hulle begin
bars. Haal uit en hou eenkant.
4. Sit die broodkrummels op ’n
bakplaat. Gooi die gesmelte botter
en die tiemie oor. Meng goed tot al
die krummels met die botter bedek
is. Bak vir 4-5 min. of tot
goudbruin en bros.
5. Kook die pasta vir 4 min. in
borrelende soutwater, of tot al
dente. Dreineer.
6. Sit die pasta in ’n grootbak en
meng die suurlemoensous en
broodkrummels deur. Voeg die
tamaties en basiliekruid by. Sit
dadelik voor.

No comments:

Post a Comment