Tuesday 29 January 2013

Ciabatta-pizza

Vakansie kos
genoeg vir 6 mense as voorgereg
Gremolata word gemaak deur
gelyke hoeveelhede fyn gekapte
suurlemoenskil, knoffel en
pietersielie te meng. Probeer ons
nuwe variasie met olywe en
dennepitte by. Dis heerlik op
geroosterde vis, hoender en pasta.
Ons het mozzarella-balletjies
(bocconcini) in brandrissie- olie
geweek. Dit gee die pizza sommer
woema. Ek gebruik die res van die
bocconcini in slaaie en die geurige
olyfolie as ek vleis rooster.

Seekos-tapas

Pak ’n lekker seekospiekniek op die
strand uit
Seekos-tapas
Garnaal-saganaki
Genoeg vir 8
30 ml (2 e) olyfolie
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus en fyn
gekap
80 ml (¾ k) witwyn
1 x 410 g-blikkie heel, geskilde
tamaties
’n paar takkies orego, blaartjies
afgestroop
sout en gemaalde swartpeper
4 ryp tamaties, in kwarte gesny
400 g fetakaas, gedreineer
1 kg garnale, skoongemaak
30 ml (2 e) ekstra olyfolie
’n hand vol Italiaanse pietersielie,
gekap
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Verhit die olyfolie in ’n pan oor
matige hitte. Braai die uie en
knoffel vir 3 min. daarin tot sag.
Voeg die witwyn by en prut vir 2
min. tot die vloeistof verdamp het.
Voeg die tamatie (met sous) en
orego by. Verlaag die hitte en prut
vir 10 min. tot die sous verdik.
Geur met sout en peper.
2 Skep die sous in ’n oondvaste bak
en pak die tamatiekwarte daarop.
Breek die fetakaas ruweg oor die
sous.
3 Druk die garnale tussen die
fetastukkies in. Sprinkel die ekstra
olyfolie oor en bak vir 20 min.
4 Haal uit die oond. Strooi die
pietersielie oor en sit met
plaasbrood voor.
Mossels met geurige krummels
Genoeg vir 12 mossels
30 ml (2 e) olyfolie
1 rooi brandrissie, in die lengte
middeldeur gesny
6 knoffelhuisies, heel
250 ml (1 k) growwe
broodkrummels
125 ml (½ k) parmesaan, gerasper
gerasperde skil van 1 suurlemoen
sout
30 ml (2 e) botter, gesmelt
30 ml (2 e) room
1 Verhit die olyfolie in ’n pan.
Braai die brandrissie en heel
knoffelhuisies vir 2 min. daarin.
Voeg die broodkrummels by en
braai saam tot die krummels
goudbruin verkleur. Skep uit op
kombuispapier en dreineer. Hou
eenkant. Roer die parmesaan en
suurlemoenskil deur die afgekoelde
krummels en geur met ’n knypie
sout.
2 Meng die botter en die room en
skep ’n klein bietjie daarvan op die
mossels.
3 Strooi die broodkrummels oor en
braai die mossels oor die kole tot
hulle deurwarm is. Eet sommer van
die kole af.
Gevulde calamaribuisies
Genoeg vir 8
Koop die calamari-buise by
Woolworths of Checkers. Dis
gewoonlik gevries, ontvries by
kamertemperatuur.
15 ml (1 e) olyfolie
½ ui, fyn gekap
10 ml (2 t) gekapte knoffel
’n knypie pimento (all spice)
10 ml (2 t) fyn kaneel
125 ml (100 g) bruinrys
375 ml (1 ½ k) water
60 ml (45 g) korinte
30 ml (2 e) dille, gekap
30 ml (2 e) kruisement, gekap
30 ml (2 e) pietersielie, gekap
125 ml (½ k) dennepitte, gerooster
125 ml (½ k) fetakaas, gekrummel
8 calamari-buise, skoongemaak
45 ml (3 e) botter
30 ml (2 e) olyfolie
1 Verhit die olyfolie in ’n pan.
Braai die uie, knoffel, pimento en
kaneel daarin tot die uie sag is.
Voeg die rys by en roer tot al die
korrels met olie bedek is. Voeg die
water by en kook tot gaar.
2 Haal van die hitte af en roer die
korinte, dille, kruisement,
pietersielie en dennepitte by. Laat
staan eenkant om af te koel.
Krummel die kaas in en roer deur.
3 Skep die vulsel versigtig in die
calamaribuise en steek met ’n
tandestokkie vas.
4 Smelt die botter en olyfolie in ’n
pan en braai die buise daarin tot
goudbruin aan alkant. Sny die buise
middeldeur as hulle groterig is om
die hapslag makliker te maak.
Spaanse chorizo-mossels
Genoeg vir 12 mossels
Chorizo, ’n Spaanse worsie wat met
paprika gegeur word, is nogal aan
die duur kant. Jy kan enige ander
geurige worsie of selfs bros
gebraaide spek gebruik.
30 ml (2 e) olyfolie
1 rooi ui, fyn gekap
60 ml (¼ k) sjerrie
15 ml (1 e) tamatiepasta
60 ml (¼ k) vis- of hoenderaftreksel
’n paar takkies vars tiemie,
blaartjies
afgestroop (gooi die takkies weg)
en ekstra vir opdiening
125 g chorizo-wors in blokkies
gesny
1 Verhit die olyfolie in ’n pan en
braai die uie daarin tot sag. Voeg
die sjerrie by en kook vir 1 min.
Voeg die tamatiepasta, aftreksel en
tiemie by en prut vir 5 min. tot die
vloeistof wegkook. Voeg die
chorizo-blokkies by
2 Skep die sous oor die mossels en
braai oor die kole tot hulle
deurwarm is. Eet direk van die kole
af.
Calamari-tentakels In
tamatiesous
Genoeg vir 4
1 rooi ui, fyn gekap
1 selderystingel, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus en fyn
gekap
250 ml (1 k) witwyn
1 x 410 g-blikkie heel, geskilde
tamaties
80 ml (3/4 k) ontpitte swart olywe
sout en gemaalde swartpeper
500 g calamari-tentakels
30 ml (2 e) olyfolie
’n hand vol Italiaanse pietersielie,
fyn gekap
1 Sit die rooi ui, seldery en knoffel
in ’n dikboomkastrol en laat sweet
stadig oor lae hitte tot sag.
2 Voeg die wyn by en kook tot dit
met die helfte verminder het. Voeg
die tamaties by, verlaag die hitte
en laat prut vir sowat 20 min. Roer
die olywe deur en geur met sout en
swartpeper na smaak.
3 Voeg die calamari-tentakels by
die warm tamatiesous. Prut vir nog
2 min. tot die tentakels sag is.
Moenie die calamari oorgaar maak
nie, anders word dit taai.
4 Gooi olyfolie oor en strooi die
pietersielie oor. Sit met krakerige
brood voor.

Sappige, pikante pasta

Genoeg vir 4
gerasperde skil en sap van 2
suurlemoene
60 ml (4 e) olyfolie
sout en gemaalde swartpeper
15 ml (1 e) olyfolie
50 g botter
3 knoffelhuisies, gekap
3 ansjovisfilette
60 ml (¼ k) kappertjiesaad,
gedreineer
250 g kersietamaties
250 g geel babatamaties
30 ml (2 e) olyfolie
`n kynpie Maldon sout
750 ml (3 k) varsbroodkrummels
’n handvol vars tiemieblaartjies
500 g (1 pak) vars pasta
’n handvol basiliekruidblare
Voorverhit die oond tot 200 °C
1. Meng die suurlemoensap en-skil
en olyfolie en geur met sout en
peper. Hou eenkant.
2. Verhit die botter en olie. Voeg
die knoffel, ansjovis en
kappertjiesaad by. Soteer vir 1-2
min. tot die knoffel sag en die
ansjovis gesmelt is. Voeg by die
suurlemoen mengsel.
3. Rooster intussen die tamaties.
Pak hulle op ’n bakplaat uit,
sprinkel die olyfolie oor en geur
met sout. Rooster tot hulle begin
bars. Haal uit en hou eenkant.
4. Sit die broodkrummels op ’n
bakplaat. Gooi die gesmelte botter
en die tiemie oor. Meng goed tot al
die krummels met die botter bedek
is. Bak vir 4-5 min. of tot
goudbruin en bros.
5. Kook die pasta vir 4 min. in
borrelende soutwater, of tot al
dente. Dreineer.
6. Sit die pasta in ’n grootbak en
meng die suurlemoensous en
broodkrummels deur. Voeg die
tamaties en basiliekruid by. Sit
dadelik voor.

Aartappel-gnocchi met romerige sous

Aartappel-gnocchi met romerige
sous
Genoeg vir 4
Gnocchi is klein kluitjies wat die
Italianers soos pasta gebruik. Kry al
die bestanddele gereed voor jy
begin werk, want gnocchi-deeg
moet vinnig gemaak word terwyl
die aartappels nog warm is.
Gnocchi
500 g aartappels (sowat 4
middelslag-aartappels)
2 eiers, liggies geklits
‘n knypie sout
160 g koekmeel + ekstra
45 ml (3 e) olyfolie
SOUS
15 ml (1 e) olyfolie
250 g spek, dik gesny
10 ml (2 t) fyn gekapte knoffel
250 ml (1 k) room
gemaalde swartpeper
‘n hand vol salieblare
Voorverhit die oond tot 200 °C. 1
Bak die aartappels vir ’n uur op ’n
bakplaat tot sag en gaar. 2 Sny die
warm aartappels oop en skep die
vlees in ’n groot mengbak uit
(moenie die skille weggooi nie,
gebruik hulle vir ons lekker resep
vir krakerige skille!) 3 Druk die
aartappel met ’n vurk so fyn en
glad moontlik. 4 Maak ’n holte in
die middel van die aartappels en
voeg die eier en ’n knypie sout by.
5 Voeg die meel bietjie vir bietjie
by en meng sagkens deur. 6 Keer
die deeg op ’n skoon,
meelbestrooide werkvlak uit en
knie liggies tot dit bymekaarkom en
’n bal vorm. Werk versigtig sodat
die deeg sag bly. 7 Vorm die deeg
in ’n reghoek sowat 1,5 cm dik en
sny in repe van 1,5 cm breed.
Strooi meel oor jou hande en rol
die deeg saggies in silinders. 8 Sny
die rolletjies in eweredige stukkies
van 1-1,5 cm. Herhaal met die res
van die rolletjies. 9 Rol elke
gnocchi-stukkie in ekstra meel en
sit op ’n bakplaat wat met
bakpapier uitgevoer is. Sit in die
yskas tot benodig.
10 SOUS Verhit die olyfolie in ’n
pan en braai die spek daarin tot
goudbruin. Voeg die knoffel by en
braai vir nog 1 min. 11 Voeg die
room by en verlaag die hitte. Laat
prut vir sowat 7-10 min. Geur met
swartpeper. 12 Kook water met ’n
bietjie sout in in ’n
middelslagkastrol. Voeg ’n hand vol
gnocchi by sodra die water begin
borrel. Kook tot die gnocchi
boontoe dryf. Skep die gaar
gnocchi met ’n gaatjieslepel uit en
sit in die warm sous. 13 Verhit
olyfolie in ’n pannetjie en braai die
salieblare daarin tot krakerig.
Dreineer op kombuispapier en sit
met die warm gnocchi voor.

Marokkaanse lamskenkels

Genoeg vir 4
30 ml (2 e) olyfolie
4 lamskenkels
sout en gemaalde swartpeper
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
2 x 400 g-blikke heel tamaties
500 ml (2 k) beesvleisaftreksel
15 ml (1 e) tamatiepasta
15 ml (1 e) gerasperde vars
gemmer
15 ml (1 e) fyn komyn
10 ml (2 t) fyn koljander
5 ml (1 t) vinkelsaad
3 ml (½ t) cayennepeper
fyn gerasperde skil van 1
suurlemoen
2 kaneelstokkies
250 ml (1 k) gedroogde appelkose
1. Verhit die olie in ’n groot kastrol
oor hoë hitte. Verbruin die skenkels
daarin en geur
na smaak. Voeg die ui en knoffel by
en soteer tot goudkleurig en sag.
2. Druk die tamaties fyn met ’n
vurk en voeg saam met die
aftreksel by die skenkels.
3. Verlaag die temperatuur en voeg
die tamatiepasta, gemmer, komyn,
koljander, vinkel, cayennepeper,
suurlemoenskil, kaneel en
appelkose by. Prut vir 2½ uur tot
sag.
4. Sit die lamskenkels voor met
gremolata, koeskoes en keker-
ertjies. (Gremolata: Meng gelyke
hoeveelhede gerasperde
suurlemoenskil en fyn gekapte
pietersielie en knoffel.)

Spek-en-sampioen- pasta

Genoeg vir 4
Meng ’n ¼ k crème fraîche deur die
pasta as jy van ’n romeriger sous
hou. Kry al die bestanddele gereed
voor jy begin. Braai die sampioene
en spek terwyl die pasta kook en
roer dan net deur die warm pasta.
125 ml (½ k) gedroogde porcini- of
sjiitake-sampioene
15 ml (1 e) olyfolie
250 g (1 pak) blokkiesspek
2 uie, gesny
2 knoffelhuisies, gekneus en fyn
gekap
sout en gemaalde swartpeper
250 g (1 pak)
portobellinisampioene, gesny
400 g engelhaarpasta
120 g (1 pak) gemengde, eksotiese
sampioene soos enoki, sjiitake en
porcini
60 ml (¼ k) koue botter
60 ml (¼ k) gerasperde parmesaan
crème fraîche vir opdiening
(opsioneel)
hand vol pietersielie, gekap
1. Maak ’n groot kastrol drie kwart
vol water en geur met ’n knypie
sout. Bring tot kookpunt.
2. Bedek die gedroogde sampioene
met genoeg kookwater (sowat ’n ½
k) en laat staan vir 5 min. tot sag.
3. Verhit solank die olie in ’n groot
pan oor hoë hitte en braai die
spek, uie, knoffel en portobellini-
sampioene tot goudkleurig en gaar.
Geur na smaak.
4. Voeg die pasta by die kookwater
en kook volgens die aanwysings op
die pak.
5. Dreineer die geweekte
sampioene (hou die geurige
sampioenwater), kap ruweg en voeg
saam met die eksotiese sampioene
by die spek-en-uie-mengsel. Gooi
die sampioenwater by en kook af
tot dit met die helfte verminder
het.
6. Dreineer die pasta en roer die
sampioenmengsel, botter en
parmesaan deur.
7. Sit voor met ’n skeppie crème
fraîche en pietersielie.

Saltimbocca-hoender in tamatiesous

Saltimbocca is ‘n Italiaanse gereg
wat letterlik “spring in jou mond”
beteken - dis van lekkerte
natuurlik!
Genoeg vir 6
Tamatiesous
15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, gekap
1 selderystokkie, gekap
1 wortel, gerasper
2 knoffelhuisies, gekneus
2 x 410 g-blikke heel geskilde
tamaties, met ‘n vurk in die sous
fyn gedruk
15 ml (1 e) suiker
hand vol tiemieblare
Hoender
45 ml (3 e) sagte botter
2 knoffelhuisies, gekneus
hand vol salieblare, gekap + ekstra
6 groot, ontbeende hoenderborsies,
sonder vel, oopgevlek en met ‘n
rolstok platter geslaan
sout en gemaalde swartpeper
6 snytjies mozzarella
6 lappies parmaham
15 ml (1 e) olyfolie
250 g (1 x houer) bocconcini, in
die helfte geskeur
hand vol basiliekruidblare
Voorverhit die oond tot 200 ºC.
Tamatiesous
1. Verhit olie in ‘n groot, oondvaste
kastrol en braai die ui, seldery,
wortel en knoffel hierin tot sag.
Voeg die tamaties, suiker en tiemie
by en prut vir 15 min. Geur na
smaak.
Hoender
2. Meng die botter, knoffel en
salie. Rol die oopgevlekte borsies
effens platter en smeer die botter
oor die hoender. Geur na smaak.
3. Pak ‘n snytjie mozzarella op elk
van die borsies en strooi ekstra
salieblare oor. Rol elkeen in ‘n
snytjie parmaham toe.
4. Verhit olie in ‘n oondvaste
kastrol en braai die hoenderborsies
hierin tot goudbruin. Geur na
smaak en gooi die tamatiesous en
bocconcini oor. Bak vir 10-15 min.
tot die bocconcini begin smelt en
die hoender gaar is.
5. Strooi die basiliekruidblare oor
en sit met jou gunstelingpasta
voor.

Osso bucco-pasta

Osso bucco is ‘n heerlike,
Italiaanse tamatiebredie; die naam
verwys na die gaatjie in die been
wat die lekker murg bevat. Dit
smaak net so lekker saam met
romerige, sagte polenta.
Genoeg vir 6
sout en gemaalde swartpeper
250 ml (1 k) koekmeel
1,5 kg (sowat 6) gesnyde
beesskenkels
60 ml (¼ k) olyfolie
1 ui, gesny
3 knoffelhuisies, gekneus
250 ml (1 k) vrugtige rooiwyn soos
Pinotage
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
2 x 410 g-blikke kersietamaties
4 lourierblare
30 ml (2 e) tamatiepasta
15 ml (1 e) suiker
500 g (1 pak) gaar penne-pasta
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
1. Geur die koekmeel na smaak en
rol die beesskenkels hierin. Verhit
olie in ‘n groot, oondvaste kastrol
en braai die skenkels hierin tot
goudbruin. Geur na smaak, haal uit
en hou eenkant.
2. Braai die ui in dieselfde kastrol
vir 5 min. tot sag. Voeg die knoffel
by en braai vir 1 min. Geur na
smaak. Sit die skenkels terug in die
kastrol.
3. Gooi die rooiwyn by en prut vir
5 min. Gooi die aftreksel, tamaties,
lourierblare, tamatiepasta en suiker
by. Sit die kastrol in die oond en
bak vir 2½ uur of tot die vleis van
die been afval. Bedien warm saam
met die pasta.

Gorgonzola-en-vye- pasta

Laat die vye net weg as dit nie in
seisoen is nie.
Genoeg vir 4
200 g (1 pak) babaspinasie
400 g spinasie-fettuccini
250 ml (1 k) gorgonzola,
gekrummel
125 ml (½ k) crème fraîche
125 ml (½ k) hoenderaftreksel
sout en gemaalde swartpeper
100 g (1 pakkie) okkerneute,
gerooster en gekap
8 vye, oopgebreek
1. Maak ‘n groot kastrol drie kwart
vol water en geur met ‘n knypie
sout. Bring tot kookpunt.
2 Sit die babaspinasie vir ‘n paar
sekondes in die borrelende
kookwater. Skep met ‘n
gaatjieslepel of sif uit en hou
eenkant. Hou die water aan die
kook.
2. Voeg die pasta by die kookwater
en kook volgens die aanwysings op
die pak.
3. Smelt solank die gorgonzola,
crème fraîche en aftreksel in ‘n
klein kastrol oor matige hitte.
4. Dreineer die pasta en meng die
spinasie, gorgonzolasous, neute en
vye deur. Geur na smaak.

Salm-kappersaad-en- roomkaaspasta

genoeg vir 4
Met die roersous moet jy vinnig
werk en vinnig smul, want as dit te
lank staan, word die roomkaas taai.
As dit wel gebeur, kan jy net ‘n
bietjie room deurroer en weer
verhit. Gebruik geblikte salm as jy
nie vars salm kan kry nie, verwyder
net die swart velletjies en bene.
olyfolie
500 g (sowat 4) salmfilette, of
liggies gerookte forel van Woolies
(dis goedkoper)
400 g skulppasta
1 houer roomkaas
1 rooi ui, gekap
hand vol dille, gekap
fyn gerasperde skil van 1
suurlemoen
sout en gemaalde swartpeper
60 ml (¼ k) kappertjiesaad
hand vol pietersielie, gekap
babakruie om oor te strooi
1. Maak ‘n groot kastrol drie kwart
vol water en geur met ‘n knypie
sout. Bring tot kookpunt.
2. Verhit solank olie in ‘n groot pan
oor hoë hitte en braai die salm vir
3 min. aan elke kant daarin. Geur
na smaak en hou eenkant.
3. Voeg die pasta by die kookwater
en kook volgens die aanwysings op
die pak.
4. Dreineer die pasta en roer die
roomkaas deur. Meng die ui, dille,
suurlemoenskil en kappertjiesaad
deur. Vlok die vis en voeg ook by
die pasta.
5. Strooi pietersielie en babakruie
bo-oor.

Vegetariese fajita

Genoeg vir 4
1 ui, gekap
30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie
8 ml (½ e) gekapte rissie
1 rooi soetrissie, gekap,
10 ml (2 t) fyn komyn
15 ml (1 e) tamatiepasta
125 ml (½ k) water
5 ml (1 t) suiker
1 x 410 g-blik heel, geskilde
tamaties, fyn gedruk
1 x 400 g-blik rooi nierbone
gedreineer
Vir die guacamole:
1 avokado
suurlemoensap na smaak
4 tortillas
125 ml (½ k) wit cheddarkaas,
gerasper
`n handvol basiliekruidblare
1. Braai die ui vir 5 min. in die olie
oor matige hitte tot sag. Voeg die
knoffel, rissie en rooi soetrissie by
en braai vir 3 min.
2. Voeg die fyn komyn,
tamatiepasta, water, suiker, blik
heel, geskilde tamaties en rooi
nierbone by. Kook vir 15 min. tot
effens verdik. Geur na smaak.
3. Maak intussen die guacamole
deur die avokado fyn te druk en
die koljanderblare en
suurlemoensap na smaak te meng.
Proe en geur.
4. Maak die fajita’s deur die
tortillas met skeppies guacamole,
`n bietjie kaas, die geurige bone en
basiliekruidblare te vul. Vou of rol
dit toe en smul.

Italiaanse worsiepasta

Genoeg vir 4
olyfolie
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
1 rissie, pitte verwyder en fyn
gekap (opsioneel)
2 selderystokke, gekap
2 middelslagwortels, fyn gerasper
800 g (sowat 8) Italiaanse worsies
400 g pennepasta
500 ml (1 bottel) passata (Italiaanse
tamatiesous)
hand vol basiliekruid
1 Maak ‘n groot kastrol drie kwart
vol water en geur met ‘n knypie
sout. Bring tot kookpunt.
2 Verhit solank olie in ‘n groot pan
oor matige hitte en soteer die uie,
knoffel, rissie, seldery en wortels
tot sag en ligbruin. Geur na smaak.
3 Sny die een kant van die worsies
se omhulsel oop en knyp
happiegroottes van die vleis uit die
sakkie en laat val direk in die pan.
Braai vir 5 min.
4 Voeg die pasta by die kookwater
en kook volgens die aanwysings op
die pak.
5 Gooi die passata by die groente
en kook vir nog 5-10 min.
6 Dreineer die pasta en meng deur
die passatamengsel. Strooi
basiliekruid oor.

Swymellekker Sjokoladekolwyntjies

Dié kamma-ganache is een van ons
wonderlikste ontdekkings. Ganache
is ‘n Franse term vir ‘n dekadente
kombinasie van botter, room en
sjokolade wat bo-op uitspattige
koeke en in truffels gebruik word.
Ons weergawe is baie makliker en
vinniger maar netso lekker.
Genoeg vir 12
kul-ganache:
100 g (1 blok) donkersjokolade
1 x 410 g blik-karamelkondensmelk
Koop 12 sjoklademuffins by
Woolworths of bak die Beste,
Maklikste Sjokoladekoek in
kolwyntjiepannetjies.
1. Vir die ganache, smelt die
sjokolade in die mikrogolf, roer
elke minuut. Roer die kondensmelk
met ‘n vurk tot glad en meng by
die gesmelte sjokolade tot goed
gemeng en glad.
2. Skep die ganache in ‘n spuitsak
met ‘n sterretjietuit en spuit oor
die afgekoelde kolwyntjies.
3. Druk ‘n hartjie van plastiese
versiersel in elke kolwyntjie.
Plastiese versiersel
Knie ‘n bolletjie plastiese versiersel
met ‘n druppeltjie pienk
voedselkleursel tot egalig pienk. Rol
uit op ‘n mielieblom bestrooide
werkvlak. Druk hartjies met ‘n
hartjiekoekiedrukker uit en laat
staan vir sowat 1 uur om hard te
word. Tooi die kolwyntjies
daarmee.

My-hartjie-my liefie- tertjies

maak 12 tertjies
110 ml (1/3 k + 2 e) botter
125 ml (½ k) strooisuiker
1 eier
250 ml (1 k) koekmeel
sjokoladevulsel:
300 g (3 blokke) donkersjokolade
200 ml (¾ k +1 e + 1 t) botter
2 eiers + 2 eiergele
80 ml (1/3 k) strooisuiker
kakaopoeier om bo-oor te sprinkel
1. Meng die botter en suiker met ‘n
elektriese klitser. Klop die eiers by
terwyl jy aanhou klits.
2. Voeg die meel by tot ‘n deeg
vorm. Verkoel in die yskas vir 1
uur.
3. Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Spuit 8 hartjiepannetjies van 9 cm
x 9 cm met kleefwerende
kossproei.
4. Rol die deeg uit en voer die
pannetjies daarmee uit. Verkoel in
die yskas vir 30 min. Bak vir 20
min. tot gaar.
5. Smelt die sjokolade en botter
saam.
6. Klop die eiers, eiergele en suiker
met ‘n elektriese klitser.
7. Vou 1/3 van die eiermengsel by
die gesmelte sjokolade in. Vou dan
die mengsel by die res van die
eiermengsel in tot egalig deur
gemeng.
8. Verlaag die oondtemperatuur tot
170 ºC. Gooi die sjokolademengsel
in die tertdoppies en bak vir 10
min.
9. Laat afkoel en laat by
kamertemperatuur in die pannetjies
stol. As die tertjies nog sag is, sit
dit in die yskas vir ‘n paar min. Sif
die kakao oor en smul.

Macaroni en Kaas

Meer as net macaroni
en kaas
Hierdie macaroni- en kaasresep is
lekker vir ’n vinnige en ligte
aandete of middagete.
Bestanddele:
250 gram macaroni
300 gram gerookte spek
250 gram sampioene
1 ui
sout
peper
2 eetlepels botter/margarien/
olyfolie
2 eetlepels koekmeelblom
200 ml melk
300 gram gerasperde kaas (cheddar
of ander skerp kaas na smaak)
Metode:
Witsous:
- Smelt die botter/margarien/
olyfolie in ’n pot en roer die
koekmeelblom en ’n knippie sout
by. Meng tot glad
- Voeg die melk stelselmatig by en
roer deurentyd oor lae hitte
- Wanneer die sous dik word, voeg
100 gram van die kaas daarby en
meng goed
- Voeg sout en peper by na smaak
- Verwyder van die stoof
Uie, spek en sampioene:
- Voorverhit die oond tot 180˚C
- Kook die macaroni tot amper
gaar en dreineer
- Kap die ui fyn en braai lig in ’n
kastrol
- Sny die spek in klein stukkies
(ongeveer 2cm) en voeg by die uie
- Braai vir 2 tot 3 minute
- Sny die sampioene op en voeg dit
by die uie. Braai vir nog 2 tot 3
minute
- Voeg die witsous by en verwyder
van die stoof
- Gooi die gekookte macaroni in ’n
gesmeerde oondbak
- Gooi die uie-, spek-, en
sampioensous oor die macaroni in
die oondbak
- Strooi die res van die gerasperde
kaas oor en bak vir 15 tot 20
minute in 180˚C