Sunday 17 February 2013

RED VELVET SWISS ROLL

RED VELVET SWISS ROLL
Ingredients:
4 eggs
180ml castor sugar
30ml oil
30ml sour cream
5ml vinegar
5ml vanilla essence
30ml red food colouring
180ml flour
60ml cocoa powder
5ml baking powder
2ml salt
Icing: 250g thick cream cheese
160g butter
4x250ml sifted icing sugar
5ml vanilla extract
Beat the eggs well with an electric
beater using the whisk attachment.
Add the sugar and beat well.
Beat in the oil, sour cream,
vinegar, vanilla and food colouring.
Sift over the flour, cocoa, baking
powder and salt and fold through
until well combined.
Pour the mixture into a greased
and lined 25x34cm Swiss roll pan.
Bake at 180°C for 12-15 minutes
or until the top of the cake springs
back when you touch it.
Remove from oven and turn the
Swiss roll on to a sheet of non-stick
baking paper that has been
sprinkled with castor sugar.
Peel away the paper lining, trim
the edges and roll up with the
paper. Cool
completely.
Unroll and fill with icing, roll up
and spread the outside with more
icing.
Decorate with coloured sugar if
desired.
ICING:
Cream the butter and cream cheese
until well combined.
Add the icing sugar and vanilla and
mix to form a firm icing.

Thursday 7 February 2013

Gevulde soetrissieslaai

genoeg vir 4
3-4 groot rooi soetrissies,
middeldeur gesny, en wit vliesies
en pitte verwyder.
sout en gemaalde swartpeper
2 wiggies fetakaas gekrummel
50 g (½ pakkie) dennepitte, liggies
gerooster (opsioneel)
30 g (1 pak) roketblare
100 g (1 pakkie) gedroogde swart
olywe
30 ml (2 e) olyfolie
30 ml (2 e) balsemiekasyn
1 Rooster die soetrissies oor die
kole tot sag. Geur na smaak.
2 Vul die soetrissies met die
fetakaas, dennepitte, roketblare en
olywe en sprinkel olyfolie en
balsemiekasyn bo-oor.

Verfrissende waatlemoen-en- lemmetjie-slaai

Hierdie slaai is so vars dat dit op
die warmste somerdag ’n lafenis vir
almal sal wees.
genoeg vir 8
1 klein waatlemoen, geskil en in
happie-grootte stukke gebreek
2 lemmetjies, in wiggies gesny
+ fyn gerasperde skil van 3
lemmetjies
500 ml (2 k) klaarbereide
lemmetjie-sorbet (ons het Lecca ill
Gelato gebruik)
100 g (1 pakkie) pistasieneute,
gekap
hand vol kruisementblare
1 Pak die waatlemoen en
lemmetjies in ’n dienbak en strooi
die lemmetjieskil oor.
2 Skep die roomys net voor die
voorsitslag bo-op en strooi die
pistasieneute en kruisementblare
oor.

Rooifluweel-rooskoek

Pragtige soet koek
Lewer 1 groot koek
2 eiers
375 ml (1 ½ k) olie
250 ml (1 k) karringmelk
30 ml (2 e) appelasyn
5 ml (1 t) vanielje geursel
30 ml (2 e) rooi voedselkleursel
2 druppels blou voedselkleursel
625 ml (2 ½ k) koekmeel
500 ml (2 k) suiker
30 ml (1 e) kakao
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) sout
Versiersel
4 x 230 g Lancewood roomkaas
320 g versiersuiker, gesif
5 ml (1 t) vanielje geursel
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Berei twee 20.5 cm koekpanne
voor.
1. Breek die eiers in `n middelslag
glasbak en klits liggies. Voeg die
olie karringmelk, appelasyn,
vanielje en voedselkleursel by en
meng goed saam.
2. Sif die koekmeel , suiker, kakao,
koeksoda en sout saam in `n groot
mengbak. Maak `n holte in die
middel van die droë bestanddele en
voeg die eiermengsel by. Gebruik
`n draadklopper en meng goed
deur. Die mengsel is baie loperig.
3. Verdeel die beslag tussen die
voorbereide pannetjies. Bak in die
voorverhitte oond vir 30 min of tot
`n toetspen wat in die middel
gedruk word skoon uitkom. As die
koek liggies in die middel gedruk
word moet dit terug wip. Laat die
koek vir 10 min in die pannetjies
afkoel en keer dan uit op `n draad
afkoelrak.
4. Maak die versiersel terwyl die
koek bak. Meng die roomkaas
liggies tot glad en voeg dan die
versiersuiker by. Plaas in die yskas
tot benodig.
5. Smeer `n dik laag versiersel op
een van die koeke. Plaas die ander
koek bo-op en druk liggies vas.
Bedek die hele koek met `n
dunlaag versiersel. Skep 2/3 van
die versiersel in `n spuitsak met
`n sterpunt en hou in die yskas tot
benodig. Spuit roos vorms oor die
koek en hou in die yskas tot
bedien.

Staatmaker-viskoekies

Viskoekies
500 g gevriesde stokvis
olyfolie om mee te braai en oor te
sprinkel
3 snye witbrood, korsies verwyder
1 eier
15 ml (1 e) soetrissiesous
30 ml (2 e) mayonnaise
30 ml (2 e) Dijon-mosterd
1 sprietui, gekap
fyn gerasperde skil en sap van ½
suurlemoen
hand vol koljanderblare, gekap
sout en gemaalde swartpeper
Voorverhit die oond tot 200 °C.
1. Sit die stokvisfilette op ’n
bakplaat, sprinkel olyfolie oor en
geur na smaak. Bak vir 20 min. tot
gaar.
2. Krummel die brood en meng met
die eier, soetrissiesous,
mayonnaise, mosterd, sprietuie,
suurlemoenskil en -sap en
koljanderblare. Vlok die vis by en
geur na smaak. Bedek jou hande
goed met meel en rol in 8 ewe
groot viskoekies.
3. Verhit 30 ml (2 e) olyfolie in ’n
groot pan oor matige tot hoë hitte
en braai die viskoekies vir 3 min.
aan elke kant daarin tot goudbruin.
Dreineer op kombuispapier.
4. Sit die viskoekies voor met die
Tartaarse sous, gebakte tjips, baba-
kruieblare en lemmetjiewiggies.

Blits hoenderkerriepasteie

Genoeg vir 6
125 ml (½ k) koekmeel
60 ml (¼ k) masala-kerriepoeier
sout en gemaalde swartpeper
1 kg (sowat 8) hoenderborsies, in
repies gesny
60 ml (¼ k) olyfolie
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
1 x 410 g-blik heel, geskilde
tamaties
125 ml (½ k) aftreksel
125 ml (½ k) room
hand vol vars koljanderblare, gekap
1 x400g rol gekoopte blaardeeg
1. Meng die koekmeel en
kerriepoeier in ‘n groot mengbak.
Geur na smaak. Rol die hoender in
die meel en skud goed af.
2. Verhit die helfte van die olie oor
hoë hitte in ‘n groot pan. Braai die
hoender vir 3 min. aan elke kant
tot goudbruin. Haal uit en hou
eenkant.
3. Verhit die res van die olie in
dieselfde pan oor matige hitte.
Soteer die uie en knoffel daaarin
tot sag en deursigtig.
4. Voeg die tamaties met die
vloeistof by en druk fyn met ‘n
vurk. Geur na smaak.
5. Voorverhit die oond tot 200 ºC.
6. Voeg die hoender by en prut vir
5 min. Verlaag die hitte en voeg die
aftreksel en room by. Roer tot die
sous deurwarm is. Roer laastens
die kruie by.
7. Rol die blaardeeg effentjies op ‘n
meelbestrooide werkvlak uit.Sny in
vierkante van 4 cm x 20 cm. Skep
sowat 45 ml (3 e) hoenderkerrie (of
lamskenkelvleis) op die helfte van
elke vierkant en vou in ‘n driehoek
toe. Verf die rande met ‘n eier-en-
water-mengsel en druk met ‘n vurk
toe. Verf die bokant van die pasteie
met eierglaseersel (1 eier geklop
met ‘n bietjie water) en bak vir 20
min. tot goudkleurig en gaar. Sit
voor met blatjang en vars
koljanderblare en klapperkrulle.

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek
Die kombinasie van soet karamel
met net ’n bietjie sout is heerlik,
probeer dit gerus! Ons het die
fraaiste droë roosknoppies op ons
mark ontdek en toe sommer die
koek daarmee
getooi.
Karamel met sout
200 g suiker
60 ml (¼ k) water
80 ml (1⁄3 k) dubbelroom
50 g botter, in blokkies gesny
2,5 ml (½ t) seesout
Koek
250 g botter, in blokkies gesny,
plus ekstra
250 g donkersjokolade, in klein
stukkies gebreek, plus ekstra
skaafsels vir die voorsitslag
150 ml aangemaakte espresso of
sterk koffie
225 g bruismeel
250 g strooisuiker
250 g bruinsuiker
30 ml (2 e) kakao
100 ml karringmelk
4 eiers, geklits
Sjokolade-ganache
200 g donkersjokolade, in klein
stukkies gebreek
200 ml dubbeldikroom
Karamel
1 verhit die suiker en water
versigtig in ’n groot kastrol. Skud
die kastrol liggies in die rondte tot
net gesmelt - moenie roer nie.
2 Verhoog die hitte ’n bietjie en
laat prut - Skud die pan heeltyd
liggies in die rondte totdat die
karamel baie donker en goudkleurig
Is.
3 Haal die pan af en klop die room
en botter vinnig maar versigtig in
tot glad, klop dan die sout in. Laat
afkoel. (indien jy die karamel
vooraf maak, hou dit in die yskas
maar laat dit eers weer
kamertemperatuur bereik voor jy
dit gebruik. Jy kan dit tot 2 dae
vooruit maak.)
Voorverhit die oond tot 160 °C.
Smeer en voer 2 ronde 23 cm-
koekpanne uit.
4 Sit die sjokolade met die botter,
koffie en 'n knypie fyn sout in ’n
kastrol. Smelt oor lae hitte tot
mooi gemeng.
5 Meng die meel, suiker en kakao
in ’n groot mengbak tot goed
gemeng.
6 Klop die karringmelk by die
gesmelte sjokolademengsel in en
voeg die geklitste eiers by.
7 Meng goed by die meel en-
suikermengsel in.
8 Skep die mengsel in die
pannetjies en bak vir 75-85 min.
tot gaar of tot ’n toetspen skoon
uitkom. Laat vir 10 min. in die
panne afkoel en keer op ’n
afkoelrak uit om heeltemal af te
koel.
Sjokolade-ganache
1 Sit die sjokolade in ’n bak. Gooi
die room in 'n kastrolletjie en
verhit oor matige hitte.
2 Haal af net voor dit begin kook
en gooi dit oor die sjokolade (moet
nooit die sjokolade by die room
voeg nie - dit sal skroei.)
3 Laat die mengsel vir ’n minuut
rus en roer dan met ’n houtlepel
tot dit heeltemal saamgekom het.
Laat die ganache tot
kamertemperatuur afkoel.
4 Gooi ’n paar eetlepels van die
karamel oor die koek - dit kan dalk
nodig wees om die sjokolade effens
te verhit voor jy dit oorgooi. Plaas
die ander koeklaag bo-op en druk
liggies vas.
5 Klop die afgekoelde ganache vir
3-5 min. met ’n elektriese menger
of ballonklitser tot lig en donsig.
Smeer die ganache bo-op. Sit
dadelik voor.