Thursday 7 February 2013

Warm waterblommetjie en spek slaai

Warm
waterblommetjie-en-
spek- slaai

Genoeg vir 4-6
500 g waterblommetjies
150 g dik spek, in stukke gesny
Slaaisous
5 ml (1 t) gekapte knoffel
5 ml (1 t) dijon-mosterd
10 ml (2 t) heuning
30 ml (2 e) suurlemoensap
80 ml (1⁄3 k) olyfolie
’n klein hand vol pietersielie, fyn
gekap
5 ml (1 t) kappertjiesaad, fyn gekap
60 ml (¼ k) dennepitte of gepelde
amandels, liggies gerooster
sout en peper
’n hand vol vars babaslaaiblare
1 Sit die waterblommetjies in ’n
bak en bedek met skoon soutwater.
Laat staan vir 15 min. Spoel af en
hou eenkant.
Slaaisous
2 Meng die knoffel, mosterd en
heuning. Voeg die suurlemoensap
en olie by en meng goed. Voeg die
pietersielie, kappertjiesaad en
dennepitte by. Geur met sout en
peper. Hou eenkant tot benodig.
3 Blansjeer die waterblommetjies
vir 5-7 min. in kokende water.
Skep dadelik oor in ’n bak met
yskoue water en dreineer.
4 Verhit die olie in ’n braaipan en
braai die spekstukkies daarin tot
bros. Voeg die waterblommetjies by
en braai vir nog 3 min. Skep in ’n
mooi opdienbak.
5 Strooi die slaaiblare oor en sit
dadelik voor met die slaaisous bo-
oor.

No comments:

Post a Comment