Thursday 7 February 2013

Rooifluweel-rooskoek

Pragtige soet koek
Lewer 1 groot koek
2 eiers
375 ml (1 ½ k) olie
250 ml (1 k) karringmelk
30 ml (2 e) appelasyn
5 ml (1 t) vanielje geursel
30 ml (2 e) rooi voedselkleursel
2 druppels blou voedselkleursel
625 ml (2 ½ k) koekmeel
500 ml (2 k) suiker
30 ml (1 e) kakao
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) sout
Versiersel
4 x 230 g Lancewood roomkaas
320 g versiersuiker, gesif
5 ml (1 t) vanielje geursel
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Berei twee 20.5 cm koekpanne
voor.
1. Breek die eiers in `n middelslag
glasbak en klits liggies. Voeg die
olie karringmelk, appelasyn,
vanielje en voedselkleursel by en
meng goed saam.
2. Sif die koekmeel , suiker, kakao,
koeksoda en sout saam in `n groot
mengbak. Maak `n holte in die
middel van die droë bestanddele en
voeg die eiermengsel by. Gebruik
`n draadklopper en meng goed
deur. Die mengsel is baie loperig.
3. Verdeel die beslag tussen die
voorbereide pannetjies. Bak in die
voorverhitte oond vir 30 min of tot
`n toetspen wat in die middel
gedruk word skoon uitkom. As die
koek liggies in die middel gedruk
word moet dit terug wip. Laat die
koek vir 10 min in die pannetjies
afkoel en keer dan uit op `n draad
afkoelrak.
4. Maak die versiersel terwyl die
koek bak. Meng die roomkaas
liggies tot glad en voeg dan die
versiersuiker by. Plaas in die yskas
tot benodig.
5. Smeer `n dik laag versiersel op
een van die koeke. Plaas die ander
koek bo-op en druk liggies vas.
Bedek die hele koek met `n
dunlaag versiersel. Skep 2/3 van
die versiersel in `n spuitsak met
`n sterpunt en hou in die yskas tot
benodig. Spuit roos vorms oor die
koek en hou in die yskas tot
bedien.

No comments:

Post a Comment