Thursday 7 February 2013

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek
Die kombinasie van soet karamel
met net ’n bietjie sout is heerlik,
probeer dit gerus! Ons het die
fraaiste droë roosknoppies op ons
mark ontdek en toe sommer die
koek daarmee
getooi.
Karamel met sout
200 g suiker
60 ml (¼ k) water
80 ml (1⁄3 k) dubbelroom
50 g botter, in blokkies gesny
2,5 ml (½ t) seesout
Koek
250 g botter, in blokkies gesny,
plus ekstra
250 g donkersjokolade, in klein
stukkies gebreek, plus ekstra
skaafsels vir die voorsitslag
150 ml aangemaakte espresso of
sterk koffie
225 g bruismeel
250 g strooisuiker
250 g bruinsuiker
30 ml (2 e) kakao
100 ml karringmelk
4 eiers, geklits
Sjokolade-ganache
200 g donkersjokolade, in klein
stukkies gebreek
200 ml dubbeldikroom
Karamel
1 verhit die suiker en water
versigtig in ’n groot kastrol. Skud
die kastrol liggies in die rondte tot
net gesmelt - moenie roer nie.
2 Verhoog die hitte ’n bietjie en
laat prut - Skud die pan heeltyd
liggies in die rondte totdat die
karamel baie donker en goudkleurig
Is.
3 Haal die pan af en klop die room
en botter vinnig maar versigtig in
tot glad, klop dan die sout in. Laat
afkoel. (indien jy die karamel
vooraf maak, hou dit in die yskas
maar laat dit eers weer
kamertemperatuur bereik voor jy
dit gebruik. Jy kan dit tot 2 dae
vooruit maak.)
Voorverhit die oond tot 160 °C.
Smeer en voer 2 ronde 23 cm-
koekpanne uit.
4 Sit die sjokolade met die botter,
koffie en 'n knypie fyn sout in ’n
kastrol. Smelt oor lae hitte tot
mooi gemeng.
5 Meng die meel, suiker en kakao
in ’n groot mengbak tot goed
gemeng.
6 Klop die karringmelk by die
gesmelte sjokolademengsel in en
voeg die geklitste eiers by.
7 Meng goed by die meel en-
suikermengsel in.
8 Skep die mengsel in die
pannetjies en bak vir 75-85 min.
tot gaar of tot ’n toetspen skoon
uitkom. Laat vir 10 min. in die
panne afkoel en keer op ’n
afkoelrak uit om heeltemal af te
koel.
Sjokolade-ganache
1 Sit die sjokolade in ’n bak. Gooi
die room in 'n kastrolletjie en
verhit oor matige hitte.
2 Haal af net voor dit begin kook
en gooi dit oor die sjokolade (moet
nooit die sjokolade by die room
voeg nie - dit sal skroei.)
3 Laat die mengsel vir ’n minuut
rus en roer dan met ’n houtlepel
tot dit heeltemal saamgekom het.
Laat die ganache tot
kamertemperatuur afkoel.
4 Gooi ’n paar eetlepels van die
karamel oor die koek - dit kan dalk
nodig wees om die sjokolade effens
te verhit voor jy dit oorgooi. Plaas
die ander koeklaag bo-op en druk
liggies vas.
5 Klop die afgekoelde ganache vir
3-5 min. met ’n elektriese menger
of ballonklitser tot lig en donsig.
Smeer die ganache bo-op. Sit
dadelik voor.

No comments:

Post a Comment