Thursday 7 February 2013

Masala-vissosaties met sonnige salsa

genoeg vir 4
Salm is baie goed vir jou maar
ongelukkig ook aan die duur kant.
Hier rek ons die vis ’n bietjie deur
ook stokvis of koningklip te
gebruik.
5 ml (1 t) gekapte gemmer
5 ml (1 t) gekapte knoffel
20 ml (4 t) olyfolie
45 ml (3 e) lemoensap
15 ml (1 e) masala (ons gebruik
nomu se indian rub)
500 g salm
500 g koningklip
Salsa
’n ¼ pynappel in blokkies gekap
’n ½ papaja in blokkies gesny
1 rooi ui in blokkies gesny
2 gaar mielies waarvan die pitte
afgesny is
’n hand vol gekapte pietersielie en
'n hand vol kruisement.
Druk die sap van ½ lemoen oor en
meng versigtig deur.
1 Meng die gemmer, knoffel, 15 ml
(1 e) van die olyfolie, lemoensap en
masala. Hou eenkant. 2
2 Sny die visse in 4 cm x 4 cm
blokkies en ryg op stokkies.
3 Verf met die gegeurde smeer.
4 Verhit die res van die olyfolie in
’n braaipan en braai die vis alkant
tot gaar en ondeurskynend.
5 Sit met die sonnige salsa en
ekstra koljanderblare voor.

No comments:

Post a Comment