Thursday 7 February 2013

Blits hoenderkerriepasteie

Genoeg vir 6
125 ml (½ k) koekmeel
60 ml (¼ k) masala-kerriepoeier
sout en gemaalde swartpeper
1 kg (sowat 8) hoenderborsies, in
repies gesny
60 ml (¼ k) olyfolie
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
1 x 410 g-blik heel, geskilde
tamaties
125 ml (½ k) aftreksel
125 ml (½ k) room
hand vol vars koljanderblare, gekap
1 x400g rol gekoopte blaardeeg
1. Meng die koekmeel en
kerriepoeier in ‘n groot mengbak.
Geur na smaak. Rol die hoender in
die meel en skud goed af.
2. Verhit die helfte van die olie oor
hoë hitte in ‘n groot pan. Braai die
hoender vir 3 min. aan elke kant
tot goudbruin. Haal uit en hou
eenkant.
3. Verhit die res van die olie in
dieselfde pan oor matige hitte.
Soteer die uie en knoffel daaarin
tot sag en deursigtig.
4. Voeg die tamaties met die
vloeistof by en druk fyn met ‘n
vurk. Geur na smaak.
5. Voorverhit die oond tot 200 ºC.
6. Voeg die hoender by en prut vir
5 min. Verlaag die hitte en voeg die
aftreksel en room by. Roer tot die
sous deurwarm is. Roer laastens
die kruie by.
7. Rol die blaardeeg effentjies op ‘n
meelbestrooide werkvlak uit.Sny in
vierkante van 4 cm x 20 cm. Skep
sowat 45 ml (3 e) hoenderkerrie (of
lamskenkelvleis) op die helfte van
elke vierkant en vou in ‘n driehoek
toe. Verf die rande met ‘n eier-en-
water-mengsel en druk met ‘n vurk
toe. Verf die bokant van die pasteie
met eierglaseersel (1 eier geklop
met ‘n bietjie water) en bak vir 20
min. tot goudkleurig en gaar. Sit
voor met blatjang en vars
koljanderblare en klapperkrulle.

No comments:

Post a Comment