Thursday 7 February 2013

Heuninghawermoutskerwe met vrugte

Genoeg vir 4-6
Gebruik geel en oranje vrugte na
seisoen.
125 ml (½ k) heuning
250 ml (1 k) hawermout
375 ml (1½ k) all-bran-
graanvlokkies
Gerasperde skil van 1 lemoen
15 ml (1 e) lemoensap
'n hand vol appelliefies
1 mango, geskil en in skywe gesny
4 appelkose, middeldeur gesny
4 grenadellas, middeldeur gesny
Bulgaarse jogurt en vars
kruisement vir opdiening
Voorverhit die oond tot 160 °C.
1 voer ’n 25 cm x 19 cm-bakplaat
met bakpapier uit.
2 Smelt die heuning in ’n kastrol
oor matige hitte. Voeg die
hawermout, All-bran-vlokkies en
lemoenskil en -sap by en meng
goed.
3 Druk die hawermengsel in die
pannetjie vas en bak vir 10 min. tot
goudbruin.
4 Keer uit en breek in skerwe. Sit
met die vrugte, jogurt en
kruisement voor.

No comments:

Post a Comment