Thursday 7 February 2013

Markbroodjie

Genoeg vir 4
Koop ’n lekker brood op die mark
en soek summier die naaste
koelteboom om net daar aan jou
vonds te smul - saam met ’n
yskoue biertjie natuurlik.
1 tuisgebakte brood, in dik skywe
gesny
regte, egte plaasbotter vir die
smeerslag
’n hand vol vars roket- of
kruieblare
100 g bloukaas - ons het ’n lekker
karoobloukaas gekoop en dik skywe
daarvan op die brood gesit
100 g gesnyde biltong
125 ml (½ k) druiwekonfyt, of kyk
wat jy kan kry. Daar is ’n
wonderlike verskeidenheid blatjang
en konfyte soos uiemarmelade op
die markte
60 ml (¼ k) crème frâiche
1 Smeer die brood lekker dik met
die plaasbotter. Begin met die
roketblare en sit lappies kaas en
biltong bo-op.
2 Eindig met skeppies druiwekonfyt
en crème frâiche of dik room.

No comments:

Post a Comment