Thursday 7 February 2013

Bloubessie-en- jogurtyslollies

Genoeg vir 6
375 g bloubessies
60 ml (¼ k) strooisuiker
30 ml (2 e) suurlemoensap
625 ml (2½ k) ongegeurde
laevetjogurt
1 Kook die bloubessies,
strooisuiker en suurlemoensap vir
10-12 min. in ’n klein kastrol tot
stroperig. Haal van die hitte af en
laat afkoel.
2 Skep die jogurt in ’n mengbak en
roer die afgekoelde bessiemengsel
liggies deur.
3 Verdeel die mengsel tussen 6
yslolliehouers, of ander glasies.
Druk houtstokkies in die middel
van elke lollie en sit vir 4-5 uur of
oornag in die vrieskas.
4 Haal ’n paar minute voor
opdiening uit die vrieskas en lig
versigtig uit die yslolliehouer. Eet
dadelik.

No comments:

Post a Comment