Tuesday 29 January 2013

Aartappel-gnocchi met romerige sous

Aartappel-gnocchi met romerige
sous
Genoeg vir 4
Gnocchi is klein kluitjies wat die
Italianers soos pasta gebruik. Kry al
die bestanddele gereed voor jy
begin werk, want gnocchi-deeg
moet vinnig gemaak word terwyl
die aartappels nog warm is.
Gnocchi
500 g aartappels (sowat 4
middelslag-aartappels)
2 eiers, liggies geklits
‘n knypie sout
160 g koekmeel + ekstra
45 ml (3 e) olyfolie
SOUS
15 ml (1 e) olyfolie
250 g spek, dik gesny
10 ml (2 t) fyn gekapte knoffel
250 ml (1 k) room
gemaalde swartpeper
‘n hand vol salieblare
Voorverhit die oond tot 200 °C. 1
Bak die aartappels vir ’n uur op ’n
bakplaat tot sag en gaar. 2 Sny die
warm aartappels oop en skep die
vlees in ’n groot mengbak uit
(moenie die skille weggooi nie,
gebruik hulle vir ons lekker resep
vir krakerige skille!) 3 Druk die
aartappel met ’n vurk so fyn en
glad moontlik. 4 Maak ’n holte in
die middel van die aartappels en
voeg die eier en ’n knypie sout by.
5 Voeg die meel bietjie vir bietjie
by en meng sagkens deur. 6 Keer
die deeg op ’n skoon,
meelbestrooide werkvlak uit en
knie liggies tot dit bymekaarkom en
’n bal vorm. Werk versigtig sodat
die deeg sag bly. 7 Vorm die deeg
in ’n reghoek sowat 1,5 cm dik en
sny in repe van 1,5 cm breed.
Strooi meel oor jou hande en rol
die deeg saggies in silinders. 8 Sny
die rolletjies in eweredige stukkies
van 1-1,5 cm. Herhaal met die res
van die rolletjies. 9 Rol elke
gnocchi-stukkie in ekstra meel en
sit op ’n bakplaat wat met
bakpapier uitgevoer is. Sit in die
yskas tot benodig.
10 SOUS Verhit die olyfolie in ’n
pan en braai die spek daarin tot
goudbruin. Voeg die knoffel by en
braai vir nog 1 min. 11 Voeg die
room by en verlaag die hitte. Laat
prut vir sowat 7-10 min. Geur met
swartpeper. 12 Kook water met ’n
bietjie sout in in ’n
middelslagkastrol. Voeg ’n hand vol
gnocchi by sodra die water begin
borrel. Kook tot die gnocchi
boontoe dryf. Skep die gaar
gnocchi met ’n gaatjieslepel uit en
sit in die warm sous. 13 Verhit
olyfolie in ’n pannetjie en braai die
salieblare daarin tot krakerig.
Dreineer op kombuispapier en sit
met die warm gnocchi voor.

No comments:

Post a Comment