Tuesday 29 January 2013

Saltimbocca-hoender in tamatiesous

Saltimbocca is ‘n Italiaanse gereg
wat letterlik “spring in jou mond”
beteken - dis van lekkerte
natuurlik!
Genoeg vir 6
Tamatiesous
15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, gekap
1 selderystokkie, gekap
1 wortel, gerasper
2 knoffelhuisies, gekneus
2 x 410 g-blikke heel geskilde
tamaties, met ‘n vurk in die sous
fyn gedruk
15 ml (1 e) suiker
hand vol tiemieblare
Hoender
45 ml (3 e) sagte botter
2 knoffelhuisies, gekneus
hand vol salieblare, gekap + ekstra
6 groot, ontbeende hoenderborsies,
sonder vel, oopgevlek en met ‘n
rolstok platter geslaan
sout en gemaalde swartpeper
6 snytjies mozzarella
6 lappies parmaham
15 ml (1 e) olyfolie
250 g (1 x houer) bocconcini, in
die helfte geskeur
hand vol basiliekruidblare
Voorverhit die oond tot 200 ºC.
Tamatiesous
1. Verhit olie in ‘n groot, oondvaste
kastrol en braai die ui, seldery,
wortel en knoffel hierin tot sag.
Voeg die tamaties, suiker en tiemie
by en prut vir 15 min. Geur na
smaak.
Hoender
2. Meng die botter, knoffel en
salie. Rol die oopgevlekte borsies
effens platter en smeer die botter
oor die hoender. Geur na smaak.
3. Pak ‘n snytjie mozzarella op elk
van die borsies en strooi ekstra
salieblare oor. Rol elkeen in ‘n
snytjie parmaham toe.
4. Verhit olie in ‘n oondvaste
kastrol en braai die hoenderborsies
hierin tot goudbruin. Geur na
smaak en gooi die tamatiesous en
bocconcini oor. Bak vir 10-15 min.
tot die bocconcini begin smelt en
die hoender gaar is.
5. Strooi die basiliekruidblare oor
en sit met jou gunstelingpasta
voor.

No comments:

Post a Comment