Tuesday 29 January 2013

Seekos-tapas

Pak ’n lekker seekospiekniek op die
strand uit
Seekos-tapas
Garnaal-saganaki
Genoeg vir 8
30 ml (2 e) olyfolie
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus en fyn
gekap
80 ml (¾ k) witwyn
1 x 410 g-blikkie heel, geskilde
tamaties
’n paar takkies orego, blaartjies
afgestroop
sout en gemaalde swartpeper
4 ryp tamaties, in kwarte gesny
400 g fetakaas, gedreineer
1 kg garnale, skoongemaak
30 ml (2 e) ekstra olyfolie
’n hand vol Italiaanse pietersielie,
gekap
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Verhit die olyfolie in ’n pan oor
matige hitte. Braai die uie en
knoffel vir 3 min. daarin tot sag.
Voeg die witwyn by en prut vir 2
min. tot die vloeistof verdamp het.
Voeg die tamatie (met sous) en
orego by. Verlaag die hitte en prut
vir 10 min. tot die sous verdik.
Geur met sout en peper.
2 Skep die sous in ’n oondvaste bak
en pak die tamatiekwarte daarop.
Breek die fetakaas ruweg oor die
sous.
3 Druk die garnale tussen die
fetastukkies in. Sprinkel die ekstra
olyfolie oor en bak vir 20 min.
4 Haal uit die oond. Strooi die
pietersielie oor en sit met
plaasbrood voor.
Mossels met geurige krummels
Genoeg vir 12 mossels
30 ml (2 e) olyfolie
1 rooi brandrissie, in die lengte
middeldeur gesny
6 knoffelhuisies, heel
250 ml (1 k) growwe
broodkrummels
125 ml (½ k) parmesaan, gerasper
gerasperde skil van 1 suurlemoen
sout
30 ml (2 e) botter, gesmelt
30 ml (2 e) room
1 Verhit die olyfolie in ’n pan.
Braai die brandrissie en heel
knoffelhuisies vir 2 min. daarin.
Voeg die broodkrummels by en
braai saam tot die krummels
goudbruin verkleur. Skep uit op
kombuispapier en dreineer. Hou
eenkant. Roer die parmesaan en
suurlemoenskil deur die afgekoelde
krummels en geur met ’n knypie
sout.
2 Meng die botter en die room en
skep ’n klein bietjie daarvan op die
mossels.
3 Strooi die broodkrummels oor en
braai die mossels oor die kole tot
hulle deurwarm is. Eet sommer van
die kole af.
Gevulde calamaribuisies
Genoeg vir 8
Koop die calamari-buise by
Woolworths of Checkers. Dis
gewoonlik gevries, ontvries by
kamertemperatuur.
15 ml (1 e) olyfolie
½ ui, fyn gekap
10 ml (2 t) gekapte knoffel
’n knypie pimento (all spice)
10 ml (2 t) fyn kaneel
125 ml (100 g) bruinrys
375 ml (1 ½ k) water
60 ml (45 g) korinte
30 ml (2 e) dille, gekap
30 ml (2 e) kruisement, gekap
30 ml (2 e) pietersielie, gekap
125 ml (½ k) dennepitte, gerooster
125 ml (½ k) fetakaas, gekrummel
8 calamari-buise, skoongemaak
45 ml (3 e) botter
30 ml (2 e) olyfolie
1 Verhit die olyfolie in ’n pan.
Braai die uie, knoffel, pimento en
kaneel daarin tot die uie sag is.
Voeg die rys by en roer tot al die
korrels met olie bedek is. Voeg die
water by en kook tot gaar.
2 Haal van die hitte af en roer die
korinte, dille, kruisement,
pietersielie en dennepitte by. Laat
staan eenkant om af te koel.
Krummel die kaas in en roer deur.
3 Skep die vulsel versigtig in die
calamaribuise en steek met ’n
tandestokkie vas.
4 Smelt die botter en olyfolie in ’n
pan en braai die buise daarin tot
goudbruin aan alkant. Sny die buise
middeldeur as hulle groterig is om
die hapslag makliker te maak.
Spaanse chorizo-mossels
Genoeg vir 12 mossels
Chorizo, ’n Spaanse worsie wat met
paprika gegeur word, is nogal aan
die duur kant. Jy kan enige ander
geurige worsie of selfs bros
gebraaide spek gebruik.
30 ml (2 e) olyfolie
1 rooi ui, fyn gekap
60 ml (¼ k) sjerrie
15 ml (1 e) tamatiepasta
60 ml (¼ k) vis- of hoenderaftreksel
’n paar takkies vars tiemie,
blaartjies
afgestroop (gooi die takkies weg)
en ekstra vir opdiening
125 g chorizo-wors in blokkies
gesny
1 Verhit die olyfolie in ’n pan en
braai die uie daarin tot sag. Voeg
die sjerrie by en kook vir 1 min.
Voeg die tamatiepasta, aftreksel en
tiemie by en prut vir 5 min. tot die
vloeistof wegkook. Voeg die
chorizo-blokkies by
2 Skep die sous oor die mossels en
braai oor die kole tot hulle
deurwarm is. Eet direk van die kole
af.
Calamari-tentakels In
tamatiesous
Genoeg vir 4
1 rooi ui, fyn gekap
1 selderystingel, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus en fyn
gekap
250 ml (1 k) witwyn
1 x 410 g-blikkie heel, geskilde
tamaties
80 ml (3/4 k) ontpitte swart olywe
sout en gemaalde swartpeper
500 g calamari-tentakels
30 ml (2 e) olyfolie
’n hand vol Italiaanse pietersielie,
fyn gekap
1 Sit die rooi ui, seldery en knoffel
in ’n dikboomkastrol en laat sweet
stadig oor lae hitte tot sag.
2 Voeg die wyn by en kook tot dit
met die helfte verminder het. Voeg
die tamaties by, verlaag die hitte
en laat prut vir sowat 20 min. Roer
die olywe deur en geur met sout en
swartpeper na smaak.
3 Voeg die calamari-tentakels by
die warm tamatiesous. Prut vir nog
2 min. tot die tentakels sag is.
Moenie die calamari oorgaar maak
nie, anders word dit taai.
4 Gooi olyfolie oor en strooi die
pietersielie oor. Sit met krakerige
brood voor.

No comments:

Post a Comment