Showing posts with label koeke en gebak. Show all posts
Showing posts with label koeke en gebak. Show all posts

Tuesday, 29 January 2013

Swymellekker Sjokoladekolwyntjies

Dié kamma-ganache is een van ons
wonderlikste ontdekkings. Ganache
is ‘n Franse term vir ‘n dekadente
kombinasie van botter, room en
sjokolade wat bo-op uitspattige
koeke en in truffels gebruik word.
Ons weergawe is baie makliker en
vinniger maar netso lekker.
Genoeg vir 12
kul-ganache:
100 g (1 blok) donkersjokolade
1 x 410 g blik-karamelkondensmelk
Koop 12 sjoklademuffins by
Woolworths of bak die Beste,
Maklikste Sjokoladekoek in
kolwyntjiepannetjies.
1. Vir die ganache, smelt die
sjokolade in die mikrogolf, roer
elke minuut. Roer die kondensmelk
met ‘n vurk tot glad en meng by
die gesmelte sjokolade tot goed
gemeng en glad.
2. Skep die ganache in ‘n spuitsak
met ‘n sterretjietuit en spuit oor
die afgekoelde kolwyntjies.
3. Druk ‘n hartjie van plastiese
versiersel in elke kolwyntjie.
Plastiese versiersel
Knie ‘n bolletjie plastiese versiersel
met ‘n druppeltjie pienk
voedselkleursel tot egalig pienk. Rol
uit op ‘n mielieblom bestrooide
werkvlak. Druk hartjies met ‘n
hartjiekoekiedrukker uit en laat
staan vir sowat 1 uur om hard te
word. Tooi die kolwyntjies
daarmee.

My-hartjie-my liefie- tertjies

maak 12 tertjies
110 ml (1/3 k + 2 e) botter
125 ml (½ k) strooisuiker
1 eier
250 ml (1 k) koekmeel
sjokoladevulsel:
300 g (3 blokke) donkersjokolade
200 ml (¾ k +1 e + 1 t) botter
2 eiers + 2 eiergele
80 ml (1/3 k) strooisuiker
kakaopoeier om bo-oor te sprinkel
1. Meng die botter en suiker met ‘n
elektriese klitser. Klop die eiers by
terwyl jy aanhou klits.
2. Voeg die meel by tot ‘n deeg
vorm. Verkoel in die yskas vir 1
uur.
3. Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Spuit 8 hartjiepannetjies van 9 cm
x 9 cm met kleefwerende
kossproei.
4. Rol die deeg uit en voer die
pannetjies daarmee uit. Verkoel in
die yskas vir 30 min. Bak vir 20
min. tot gaar.
5. Smelt die sjokolade en botter
saam.
6. Klop die eiers, eiergele en suiker
met ‘n elektriese klitser.
7. Vou 1/3 van die eiermengsel by
die gesmelte sjokolade in. Vou dan
die mengsel by die res van die
eiermengsel in tot egalig deur
gemeng.
8. Verlaag die oondtemperatuur tot
170 ºC. Gooi die sjokolademengsel
in die tertdoppies en bak vir 10
min.
9. Laat afkoel en laat by
kamertemperatuur in die pannetjies
stol. As die tertjies nog sag is, sit
dit in die yskas vir ‘n paar min. Sif
die kakao oor en smul.