Genoeg vir 6
375 g bloubessies
60 ml (¼ k) strooisuiker
30 ml (2 e) suurlemoensap
625 ml (2½ k) ongegeurde
laevetjogurt
1 Kook die bloubessies,
strooisuiker en suurlemoensap vir
10-12 min. in ’n klein kastrol tot
stroperig. Haal van die hitte af en
laat afkoel.
2 Skep die jogurt in ’n mengbak en
roer die afgekoelde bessiemengsel
liggies deur.
3 Verdeel die mengsel tussen 6
yslolliehouers, of ander glasies.
Druk houtstokkies in die middel
van elke lollie en sit vir 4-5 uur of
oornag in die vrieskas.
4 Haal ’n paar minute voor
opdiening uit die vrieskas en lig
versigtig uit die yslolliehouer. Eet
dadelik.
Thursday, 7 February 2013
Bloubessie-en- jogurtyslollies
Heuninghawermoutskerwe met vrugte
Genoeg vir 4-6
Gebruik geel en oranje vrugte na
seisoen.
125 ml (½ k) heuning
250 ml (1 k) hawermout
375 ml (1½ k) all-bran-
graanvlokkies
Gerasperde skil van 1 lemoen
15 ml (1 e) lemoensap
'n hand vol appelliefies
1 mango, geskil en in skywe gesny
4 appelkose, middeldeur gesny
4 grenadellas, middeldeur gesny
Bulgaarse jogurt en vars
kruisement vir opdiening
Voorverhit die oond tot 160 °C.
1 voer ’n 25 cm x 19 cm-bakplaat
met bakpapier uit.
2 Smelt die heuning in ’n kastrol
oor matige hitte. Voeg die
hawermout, All-bran-vlokkies en
lemoenskil en -sap by en meng
goed.
3 Druk die hawermengsel in die
pannetjie vas en bak vir 10 min. tot
goudbruin.
4 Keer uit en breek in skerwe. Sit
met die vrugte, jogurt en
kruisement voor.
Markbroodjie
Genoeg vir 4
Koop ’n lekker brood op die mark
en soek summier die naaste
koelteboom om net daar aan jou
vonds te smul - saam met ’n
yskoue biertjie natuurlik.
1 tuisgebakte brood, in dik skywe
gesny
regte, egte plaasbotter vir die
smeerslag
’n hand vol vars roket- of
kruieblare
100 g bloukaas - ons het ’n lekker
karoobloukaas gekoop en dik skywe
daarvan op die brood gesit
100 g gesnyde biltong
125 ml (½ k) druiwekonfyt, of kyk
wat jy kan kry. Daar is ’n
wonderlike verskeidenheid blatjang
en konfyte soos uiemarmelade op
die markte
60 ml (¼ k) crème frâiche
1 Smeer die brood lekker dik met
die plaasbotter. Begin met die
roketblare en sit lappies kaas en
biltong bo-op.
2 Eindig met skeppies druiwekonfyt
en crème frâiche of dik room.
Masala-vissosaties met sonnige salsa
genoeg vir 4
Salm is baie goed vir jou maar
ongelukkig ook aan die duur kant.
Hier rek ons die vis ’n bietjie deur
ook stokvis of koningklip te
gebruik.
5 ml (1 t) gekapte gemmer
5 ml (1 t) gekapte knoffel
20 ml (4 t) olyfolie
45 ml (3 e) lemoensap
15 ml (1 e) masala (ons gebruik
nomu se indian rub)
500 g salm
500 g koningklip
Salsa
’n ¼ pynappel in blokkies gekap
’n ½ papaja in blokkies gesny
1 rooi ui in blokkies gesny
2 gaar mielies waarvan die pitte
afgesny is
’n hand vol gekapte pietersielie en
'n hand vol kruisement.
Druk die sap van ½ lemoen oor en
meng versigtig deur.
1 Meng die gemmer, knoffel, 15 ml
(1 e) van die olyfolie, lemoensap en
masala. Hou eenkant. 2
2 Sny die visse in 4 cm x 4 cm
blokkies en ryg op stokkies.
3 Verf met die gegeurde smeer.
4 Verhit die res van die olyfolie in
’n braaipan en braai die vis alkant
tot gaar en ondeurskynend.
5 Sit met die sonnige salsa en
ekstra koljanderblare voor.
Warm waterblommetjie en spek slaai
Warm
waterblommetjie-en-
spek- slaai
Genoeg vir 4-6
500 g waterblommetjies
150 g dik spek, in stukke gesny
Slaaisous
5 ml (1 t) gekapte knoffel
5 ml (1 t) dijon-mosterd
10 ml (2 t) heuning
30 ml (2 e) suurlemoensap
80 ml (1⁄3 k) olyfolie
’n klein hand vol pietersielie, fyn
gekap
5 ml (1 t) kappertjiesaad, fyn gekap
60 ml (¼ k) dennepitte of gepelde
amandels, liggies gerooster
sout en peper
’n hand vol vars babaslaaiblare
1 Sit die waterblommetjies in ’n
bak en bedek met skoon soutwater.
Laat staan vir 15 min. Spoel af en
hou eenkant.
Slaaisous
2 Meng die knoffel, mosterd en
heuning. Voeg die suurlemoensap
en olie by en meng goed. Voeg die
pietersielie, kappertjiesaad en
dennepitte by. Geur met sout en
peper. Hou eenkant tot benodig.
3 Blansjeer die waterblommetjies
vir 5-7 min. in kokende water.
Skep dadelik oor in ’n bak met
yskoue water en dreineer.
4 Verhit die olie in ’n braaipan en
braai die spekstukkies daarin tot
bros. Voeg die waterblommetjies by
en braai vir nog 3 min. Skep in ’n
mooi opdienbak.
5 Strooi die slaaiblare oor en sit
dadelik voor met die slaaisous bo-
oor.
Tuesday, 29 January 2013
Ciabatta-pizza
Vakansie kos
genoeg vir 6 mense as voorgereg
Gremolata word gemaak deur
gelyke hoeveelhede fyn gekapte
suurlemoenskil, knoffel en
pietersielie te meng. Probeer ons
nuwe variasie met olywe en
dennepitte by. Dis heerlik op
geroosterde vis, hoender en pasta.
Ons het mozzarella-balletjies
(bocconcini) in brandrissie- olie
geweek. Dit gee die pizza sommer
woema. Ek gebruik die res van die
bocconcini in slaaie en die geurige
olyfolie as ek vleis rooster.
Seekos-tapas
Pak ’n lekker seekospiekniek op die
strand uit
Seekos-tapas
Garnaal-saganaki
Genoeg vir 8
30 ml (2 e) olyfolie
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus en fyn
gekap
80 ml (¾ k) witwyn
1 x 410 g-blikkie heel, geskilde
tamaties
’n paar takkies orego, blaartjies
afgestroop
sout en gemaalde swartpeper
4 ryp tamaties, in kwarte gesny
400 g fetakaas, gedreineer
1 kg garnale, skoongemaak
30 ml (2 e) ekstra olyfolie
’n hand vol Italiaanse pietersielie,
gekap
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Verhit die olyfolie in ’n pan oor
matige hitte. Braai die uie en
knoffel vir 3 min. daarin tot sag.
Voeg die witwyn by en prut vir 2
min. tot die vloeistof verdamp het.
Voeg die tamatie (met sous) en
orego by. Verlaag die hitte en prut
vir 10 min. tot die sous verdik.
Geur met sout en peper.
2 Skep die sous in ’n oondvaste bak
en pak die tamatiekwarte daarop.
Breek die fetakaas ruweg oor die
sous.
3 Druk die garnale tussen die
fetastukkies in. Sprinkel die ekstra
olyfolie oor en bak vir 20 min.
4 Haal uit die oond. Strooi die
pietersielie oor en sit met
plaasbrood voor.
Mossels met geurige krummels
Genoeg vir 12 mossels
30 ml (2 e) olyfolie
1 rooi brandrissie, in die lengte
middeldeur gesny
6 knoffelhuisies, heel
250 ml (1 k) growwe
broodkrummels
125 ml (½ k) parmesaan, gerasper
gerasperde skil van 1 suurlemoen
sout
30 ml (2 e) botter, gesmelt
30 ml (2 e) room
1 Verhit die olyfolie in ’n pan.
Braai die brandrissie en heel
knoffelhuisies vir 2 min. daarin.
Voeg die broodkrummels by en
braai saam tot die krummels
goudbruin verkleur. Skep uit op
kombuispapier en dreineer. Hou
eenkant. Roer die parmesaan en
suurlemoenskil deur die afgekoelde
krummels en geur met ’n knypie
sout.
2 Meng die botter en die room en
skep ’n klein bietjie daarvan op die
mossels.
3 Strooi die broodkrummels oor en
braai die mossels oor die kole tot
hulle deurwarm is. Eet sommer van
die kole af.
Gevulde calamaribuisies
Genoeg vir 8
Koop die calamari-buise by
Woolworths of Checkers. Dis
gewoonlik gevries, ontvries by
kamertemperatuur.
15 ml (1 e) olyfolie
½ ui, fyn gekap
10 ml (2 t) gekapte knoffel
’n knypie pimento (all spice)
10 ml (2 t) fyn kaneel
125 ml (100 g) bruinrys
375 ml (1 ½ k) water
60 ml (45 g) korinte
30 ml (2 e) dille, gekap
30 ml (2 e) kruisement, gekap
30 ml (2 e) pietersielie, gekap
125 ml (½ k) dennepitte, gerooster
125 ml (½ k) fetakaas, gekrummel
8 calamari-buise, skoongemaak
45 ml (3 e) botter
30 ml (2 e) olyfolie
1 Verhit die olyfolie in ’n pan.
Braai die uie, knoffel, pimento en
kaneel daarin tot die uie sag is.
Voeg die rys by en roer tot al die
korrels met olie bedek is. Voeg die
water by en kook tot gaar.
2 Haal van die hitte af en roer die
korinte, dille, kruisement,
pietersielie en dennepitte by. Laat
staan eenkant om af te koel.
Krummel die kaas in en roer deur.
3 Skep die vulsel versigtig in die
calamaribuise en steek met ’n
tandestokkie vas.
4 Smelt die botter en olyfolie in ’n
pan en braai die buise daarin tot
goudbruin aan alkant. Sny die buise
middeldeur as hulle groterig is om
die hapslag makliker te maak.
Spaanse chorizo-mossels
Genoeg vir 12 mossels
Chorizo, ’n Spaanse worsie wat met
paprika gegeur word, is nogal aan
die duur kant. Jy kan enige ander
geurige worsie of selfs bros
gebraaide spek gebruik.
30 ml (2 e) olyfolie
1 rooi ui, fyn gekap
60 ml (¼ k) sjerrie
15 ml (1 e) tamatiepasta
60 ml (¼ k) vis- of hoenderaftreksel
’n paar takkies vars tiemie,
blaartjies
afgestroop (gooi die takkies weg)
en ekstra vir opdiening
125 g chorizo-wors in blokkies
gesny
1 Verhit die olyfolie in ’n pan en
braai die uie daarin tot sag. Voeg
die sjerrie by en kook vir 1 min.
Voeg die tamatiepasta, aftreksel en
tiemie by en prut vir 5 min. tot die
vloeistof wegkook. Voeg die
chorizo-blokkies by
2 Skep die sous oor die mossels en
braai oor die kole tot hulle
deurwarm is. Eet direk van die kole
af.
Calamari-tentakels In
tamatiesous
Genoeg vir 4
1 rooi ui, fyn gekap
1 selderystingel, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus en fyn
gekap
250 ml (1 k) witwyn
1 x 410 g-blikkie heel, geskilde
tamaties
80 ml (3/4 k) ontpitte swart olywe
sout en gemaalde swartpeper
500 g calamari-tentakels
30 ml (2 e) olyfolie
’n hand vol Italiaanse pietersielie,
fyn gekap
1 Sit die rooi ui, seldery en knoffel
in ’n dikboomkastrol en laat sweet
stadig oor lae hitte tot sag.
2 Voeg die wyn by en kook tot dit
met die helfte verminder het. Voeg
die tamaties by, verlaag die hitte
en laat prut vir sowat 20 min. Roer
die olywe deur en geur met sout en
swartpeper na smaak.
3 Voeg die calamari-tentakels by
die warm tamatiesous. Prut vir nog
2 min. tot die tentakels sag is.
Moenie die calamari oorgaar maak
nie, anders word dit taai.
4 Gooi olyfolie oor en strooi die
pietersielie oor. Sit met krakerige
brood voor.